 |
Browse by Genre |
 |
 |
Shopping Cart |
 |
 |
SELL YOUR MUSIC ON RHYTHM |
 |
 |
AFFILIATE PROGRAM |
 |
|
| |
Music lovers who liked this album also enjoyed...
|
|
|
|
Die term 'vernuwend' word deesdae baie maklike gebruik vir nuut vrygestelde cd's in die Afrikaanse mark. Dit is egter nie gereeld wat mens iets hoor wat werklik aanklank kan vind by 'n groot gehoor én wat deurtrek is met kwaliteit soos hierdie produksie nie.
Murg is saamgestel uit 12 oorspronklike liedjies - 10 Afrikaans- en 2 Engelstalig. Die cd belig die veelsydigheid van Gideon as liedjieskrywer en sanger sonder om pretensieus te wees. Vir die woordliefhebbers is die lierieke sterk, met sosiale kommentaar deurweef, en vir die musiekliefhebber is daar ryk verwerkings met van die Suid-Afrikaanse industrie se topmusikante wat bydraes lewer. Die instrumente word bespeel deur Mauritz Lotz (kitaar), Denny Lalouette (bas), Johan Kelber (klavier, tjello en orrel), Neill Ettridge (Dromme), Barry Snyman (saksofoon) en Anneke Visagie en Johan Kelber is die agtergrondsangers. Verwerkings is gedoen deur Bram Potgieter en Johan Kelber, en die tegniese versorging en produksie is hanteer deur Johan Kelber.
|
 |
QUICK PICK |
 |
|