Straatligkinders het in 2006 gevorm om hul harte in hul musiek neer te lê. Bouwer (vocals, rhythym), Hein (bass), Bennie (lead), Ruan (drums) het in Maart 2007 hul eerste 5-snit EP vrygestel genaamd “Maak jou oë toe en jou hart oop.”
Die EP bevat vyf snitte wat hul sterk musikale talent wys. Hierdie musiek is iets nuut in die Suid Afrikaanse musiekbedryf omdat hulle geensins ‘n replika van Afrikaanse-rock groepe is nie. Hierdie musiek val nie regtig in ‘n spesifieke genre nie, maar grens aan musiekstyle soos punk, emo, screamo en hardcore. Dus maak dit ‘n nuwe genre: Emo-kaans.
Die EP begin met “Die Beskermer” wat ook n video op MK89 het. “Klassieke Geveg” is die tweede snit op die EP wat tans die nuwe single is. Daar is ook ‘n rustiger, meer emosionele song op die EP, “Elektriese Blomme”, wat ‘n metafoor uitbeeld van stadsliggies.
“Genesing” is ‘n rowwe punk tune en die laaste song is “Kruis My Hart” wat gehore al baie laat saamsing het.
|