RhythmMusicStore.com - South African MP3 Music Downloads

 
MyMusiek.co.za 74,074 MP3 tracks available @ R7 per track ($0.88) and growing daily! (90 new tracks added this week)

The South African Music Portal
   
Navigation Bar - Home, Store, News, Events, How-to, About, Contact Rhythm Online Home Page Search the Rhythm Online Music Store Rhythm Online News Help on Payments & downloading About Rhythm Online Contact Rhythm Online
 
Browse by Genre
Click to show genres
Rhythm Online Feed
    Shopping Cart
    Your cart is still empty. Add some music to it by clicking on checkboxes marked Add to cart indicator. Click on Play Button Image play buttons to hear samples.

    Find high-quality MP3 music in the catalogue.

    Log in to see your credit

    Need assistance? LiveZilla Live Help
    Prepaid Credit

    Rhythm Online now offers Prepaid Credit purchases at great value (save up to 15%) for faster, more convenient downloads.

    Click to learn more.

    Gift Vouchers available here.

    EFT Payments
    SELL YOUR MUSIC ON RHYTHM

    If you are a talented musician, published or unpublished, fill in the online electronic distribution agreement to have your tunes listed on Rhythm Online Music Store.

    AFFILIATE PROGRAM

    Earn commission on music sales by linking to Rhythm Online Music Store. Contact Rhythm.

    3 Steps to Buy Music Online: Select Music, Checkout, Download.
     
    Select tracks to download from 100 Persent Skuldgevoelvry...
     
    Track Title
    Value
    Loading Music Player...
    1. Drome Te Bestelby KOBUS!
    R 7.00 ($0.88)
    2. Ry In Die Kar by KOBUS!
    R 7.00 ($0.88)
    3. Ek Wil Jou Soenby KOBUS!
    R 7.00 ($0.88)
    4. Bonnie Braeby KOBUS!
    R 7.00 ($0.88)
    5. Kultuurfeestentby KOBUS!
    R 7.00 ($0.88)
    6. O Boereplaas by KOBUS!
    R 7.00 ($0.88)
    7. Ons Is Saamby KOBUS!
    R 7.00 ($0.88)
    8. Die Windby KOBUS!
    R 7.00 ($0.88)
    9. Waar Die Antwoord Verskynby KOBUS!
    R 7.00 ($0.88)
    10. Rouliedby KOBUS!
    R 7.00 ($0.88)
    11. Storie Van Karel Voidby KOBUS!
    R 7.00 ($0.88)
    12. Heldersiende Bedelaarby KOBUS!
    R 7.00 ($0.88)
    13. Storie Van Die Duiweltjie & Die Engeltjieby KOBUS!
    R 7.00 ($0.88)
    14. Oom Kobus se Planby KOBUS!
    R 7.00 ($0.88)
    15. Volk Van Mainby KOBUS!
    R 7.00 ($0.88)
    Album Total: R 105.00 ($13.17) Select All


     
    More albums by KOBUS!...
     
     
    Music lovers who liked this album also enjoyed...
     

     

    100 Persent Skuldgevoelvry by KOBUS!

     
    KOBUS! - 100 Persent Skuldgevoelvry Album Cover

    KOBUS! VOEL NIE SKULDIG NIE …

    Vat hierdie ding in jou hand. Kobus! se nuwe CD 100% SKULDGEVOELVRY – en gee jou ore oor. Die res van jou sal weet wat om te doen.

    'As daar drome te bestel was, wat sou jy koop?' Sommer met die eerste snit begin ek fantaseer. 'Om te dans soos Gene Kelly en om 'n leeu te kan tem.' Wat 'n vreugdevolle inleiding! 'n Yskas vol kaas ... 'n lewe sonder einde sodat jou hart vir ewig klop.' Maar aangesien Kobus! slim en slinks saam kan gooi sonder om die heelal te versteur, weet jy mos hier gaan nie heeltyd gespeel en gebraai word nie. Dus. Maak gereed vir minstens drie verskillende geure wat jou kop, lyf en jou derms op een slag gaan verpletter, en so 'n uur later weer, na jy so ‘n bietjie gaan lê het, weer aanmekaar plak.

    'Ry In Die Kar' gee so 'n stukkie voorbode. Hulle betaal nie die tolhekke nie, lag vir die rylopers en hulle maak nie hulle gordels vas nie. Hulle eet gekookte eiers en toebroodjies, wroemmm-wroemmm saam met Theo Crous se skisofreniese kitaar, en neuk toe-oë voort in die regterbaan. Luister fyn hoe hulle eers 'Dink Jy Nou' en dan 'Jou Oë' van die eerste CD ewe vernuftig tussen die myle inglip.

    Nog nie bang nie? Nou maar goed, hier is 'Ek Wil Jou Soen'. Op die verhoog is dit ... Francois is ... ummm ... errrr ... dit is ... ag man ek wil nie nou daaroor praat nie. 'Kan ek 'n teken van jou kry dat jy my ook wil verlei ...' is maar net die begin. Die lirieke is ewe veel belustig as wat dit pure onskuld verbeeld. Drink bloufieterjoel voor jy gaan kyk hoe Francois en Theo hierdie een op die verhoog doen. En as jy dink jy's sterk, sal die kitaar jou vat. Wees gewaarsku. Theo is 'n bliksemse monster.

    Hulle haal self die tong uit hulle kieste met 'Kultuurfeestent'. Hier begin die dik gedreun en kitaar uit die hel. Hier wil jy al jou werkpakkie afpluk en kaalgat in Baron von Reedestraat afhol - 'Ons is gyselaars in een groot kultuurfeestent, ons word vermaak deur mense met meer selfvertroue as talent ...' Hierdie snit het borshare, bloudraad om sy nek en sement in sy oogballe. En hy skrik vir niks. Jy het nog nooit Theo Crous se kitaar so hoor brul nie. Dit is ... wel dit is ... ummmm ... ag man, ek wil nie daaroor praat nie. Gee hier daai bloufieterjoel.

    As jy rustig wil voel, luister 'Ons Is Saam' en laat die refrein jou toor. Moenie skaam wees as jy skielik jou eks wil bel nie. Sommige van die simbole uit Francois Blom se keel is soos Hooglied. Jy hoor dit, en jy sien dit in jou kop, en net daarna soek jy ‘n sweep om jouself mee te teister. Tog kom daar bietjie donker vrede met die instrumenterige 'Die Wind' en die swaar 'Waar Die Antwoord Verskyn'.

    Teen hierdie tyd sit jy nou al met een been binne die put, met 'n emmer vol dik teer wat oor jou kop loop. Maar wag vir 'Roulied'. Sit mooi stil, moenie enige skielike bewegings maak nie. Wag tot Francois jou vat tot by 'Ek sou die spuit se kus besing sodat almal kon weet die wurms droom jou drome terwyl hulle aan jou are ...'

    Is jy reg? Hou vas.

    '...VREEEEEEEET!!!!!' Dis verskriklik. Die ontploffing wat VREET teen jou kop laat ontplof. Maar dis baie baie BAIE lekker. En jy kry dit 'n hele paar keer, net om jou lus opdraande te laat loop. 'VREEEET, VREEEEETT, VUHHHRREEEETTT!!!'

    Nog nie genoeg gehad nie? Kry bietjie vir 'Karel Void'. Goed, jy sal die storie ook wil volg, maar wees reg vir die polsing. Daai dik donker dumme-dumme-dumme-DUHHHHM wat heeltyd soos rooi lasers oor die swart nag speel. Moenie skrik as jy dit heeltyd op 'repeat' gooi nie. Die spinnerakke in jou oordromme sal tegelykertyd ook sommer verdamp, terwyl jy met 'n droë strot saamskreeu tot jy op jou knieë voor die luidsprekers rondkruip, snaakse kermgeluidjies maak en op jou rug omdop omdat jy doodeenvoudig net nie meer kan nie.

    Maak met 'Heldersiende Bedelaar' net wat jy wil. Solank jy die lirieke kliphard saamskreeu wanneer Kobus! voor jou op die verhoog rondkrul en hulle derms uitbrul. En kyk mooi. Daai bedelaar plak in jou straat.

    Goed, jy behoort nou sielkundig gereed te wees vir ... o donnerwetter hier kom dit weer ... vir ... die superbefokte 'Storie Van Die Duiweltjie En Die Engeltjie'. In die agtergrond is daar hierdie elektroniese fhllooop-fhhlloooppppp soos 'n sweep of 'n plafonwaaier so groot soos 'n rugbyveld. Hou vas daaraan, anders verloor jy fokus en bliksem jou oogballe uit hulle kaste tot in jou papbord tussen die Coco Pops en stukkies aarbeie. 'n Groot Duiwel vol Onheil, 'n Groot Engel vol Eer ...' Klim nou saam in die vorteks en vlieg soos 'n muggie in 'n tornado. Luister dan na die kitaar. Aspekte oor tennis en hoë mure. Vee die sweet van jou voorkop af. Hier's Francois weer agter jou skouer: 'Die Groot Duiwel het sy tong na die engele uitgesteek en sê: 'As een van julle oorklim sal ek gou sy vlerkies afbreek!' Nou raak dit rasend. Wag tot die engeltjie gooi met ‘n oogknip. Dan kan jy weer bietjie regop sit. En speel dit dan weer, hierdie keer harder as 'n boeing, anders gaan jy nie die kitaar-die-kitaar-Theo se kitaar-die kitaar----die bliksemse kitaar se gromme kan oorvertel nie.

    Is jy 'n sensitiewe siel? Dan gaan jy 'Oom Kobus Se Plan' nie kan hanteer nie. Arme Oom Kobus. Daar bly drie mannetjies in sy kop en hulle maak hom mal. Sy vrou dink hy’s laf. *SUG* Die lewe suig darem maar lekker as hy die dag lus is. Waarskuwing. Bly weg van alle elektriese bore.

    So kom die wit vlag in 'Volk Van Main'. As jy hom vat en teen 'n paal laat wapper, is jy een van die Volk van Main. ' Famous vir Apartheid, rugby en gekskeer.' Luister na wat jy wil, hou op baklei, los die ander uit, wees verdomp verdraagsaam, dêmmit! En nes jy begin ontspan, skrou Francois so uit sy nersderm uit: 'Gee my enigiets om te drink, solank dit gin is of whisky!!!' Die refrein verslaaf jou gou. Kobus! se wens is dat ons almal moet kan bestaan sonder pyne oor mekaar se musieksmaak. Baklei is onnosel, jou idioot.

    Reg. Draai die desibels dak toe. Voel hoe dit opbou, trek die lug in jou longe in en hier gaat ons ... 'Waar ons almal hande vat as die volk van MAIN ... JAAAAAAAAAA!!!!!!' Komaan, op jou voete, en brulllll: 'JAAAAAAA, Volk van Main, JAAAAA, Volk van Main!!!!!!!'

    Eenhonderd persent skuldgevoelvry. Daar het jy dit. MAINNNNNN!!!!

    Katvrou


    Francois praat oor die album 100% Skuldgevoelvry

    Op baie dvds kry jy mos deesdae 'n kommentaar klankbaan wat agtergrond informasie gee oor die film. So, hier is my kommentaar klankbaan vir ons nuwe cd '100% Skuldgevoelvry'. Kry 'n vriend of familielid wat kan lees om dit vir jou voor te lees terwyl die cd speel.

    Ons het die album in tonele verdeel, amper soos 'n verhoogstuk: Skuld, Gevoel, 100% en Vry. Ek het die 'storie' eers na ons die album opgeneem en die snit volgorde uitgewerk het opgedroom. Ek het dit op skool baie gedoen met albums van my gunsteling kunstenaars. Dit was vir my 'n uitdaging om te sien of ek 'n storielyn kon uitwerk met dit wat die opname my bied. Dit het natuurlik nooit gewerk met Demis Roussos albums nie.

    So hier is my 'storie' van 100% Skuldgevoelvry, gevolg deur 'n paar gedagtes oor die snitte self.

    SKULD

    Drome te Bestel

    (Titels. Kobus is 'n jong seuntjie. Hy kyk na die wereld en al die wonderlike dinge daarin met die onskuldige, sorglose oe wat net 'n kleuter besit)

    Dis 'n goeie song om die album mee te begin. Wurlitzer 'in tha house!' Dit sluit aan by wat ons op 'kobus!' gedoen het en is 'n intro vir die emosionele rit wat hom oor die 65 minute wat volg afspeel.

    Ry in die Kar

    (Kobus is 'n tiener en doen al die kens dinge wat 'n tiener soms doen. Soos om sonder 'n veiligheidsgordel te bestuur en aan die verkeerde kant van die pad te ry)

    Ons was vir 'n rukkie (so 3 minute) verdeeld oor of ek die mal Kobus! stem moes gebruik en of ek die song straight moes sing. Die mal Kobus! stem het gemakliker gewerk saam met die anargistiese lirieke. Theo se leadbreak rev soos 'n kar!

    Ek wil jou Soen

    (Kobus is verlus op 'n meisie met die stomende, nagsweetwekkende, 'ure-in die-badkamer-met-geslote-deur' drange wat ons almal [wel, die meeste van ons] so goed ken.)

    Theo se leadbreak hier is een van my gunstelinge op die album. Minimalisties, controlled en amper pervers. Die perfekte lo-fi gevoel vir

    hi-fi drange! Kan hy op die radio gespeel word? Natuurlik!

    Bonnie Brae

    (Kobus trou met sy sweetheart, Rouxleighd. Hy gaan bly in die suburbs en is gelukkig, vir die oomblik, met al die dinge wat daarmee gepaard gaan. Die lewe is 'n lied.)

    Die vergelykings met 'Sondagmiddag' kan sekerlik getref word, maar ek dink Bonnie Brae is 'n ligter liedjie. Dit het nie die onderliggende melankolie van eersgenoemde nie. Wel, nie so baie nie. Ok, 'n bietjie, maar dis 'n voor die hand liggende snit wat net 'n warm gevoel probeer weerspieel. Ek hou van die vreemde struktuur. Vers, koor, koor, vers.

    Kultuurfeestent

    (Kobus het aspirasies om te vermaak. Hy besef dat dit redelik maklik is as jy die regte dinge doen en die regte magte aan jou kant het. Hy besluit om 'n cd op te neem onder die naam 'Howard Mylnaar'.)

    Hier is die begin van die terugneig na ons musikale wortels wat soos die cd verder gaan meer na vore sal tree. Het nie lank gevat nie, of hoe? Die song is uit die oogpunt geskryf van 'n soort Simon Cowell waarnemer, wat vir ure en ure duisende nagmerrie hopefuls moet beluister. Die brass op die koor is nie afge-rip van 'n nommer een R&B treffer nie. Ek het daardie stuk om die waarheid te se in Dubai bygesit, en ek luister nie Top20 en MTV nie! Dit was weird om by die ateljee te hoor dit 'klink nogal bekend'! Maar in retrospek is dit nogals 'n 'poignant statement'! Ha ha. Zeitgeist? Wie weet. Ek hou van die idee van 'Theuns Jordaan meets Beatles' wat in die intro bespreek word as die moontlike styl om 'n treffer te behaal. 'Help' in afrikaans! Miskien sal ons so 'n song moet skryf!! Ha ha!

     

     

    GEVOEL

    O Boereplaas

    (Kobus, oftewel 'Howard', het 'n groot nr.1 treffer hiermee)

    Ons het hierdie een binne 20 minute verwerk en in 2 ure opgeneem.

    Ons is Saam

    (Na 'n lang toer is 'Howard' weer by die huis. Hy voel dat sy liefde nog sterker geword het terwyl hy weg was. Maar saam met al die geld en toekennings wat hy huis toe bring is daar nog iets in sy tas. Iets wat hy ontdek het by die al die industriepartytjies en grootstad nagklubs.)

    Die akkoestiese kitare is vir my hoendervleiswekkend mooi op hierdie een. Theo het homself oortref. Ek het die koor op nege tracks oorgesing om die klooster gevoel te kry. Die snit is vol beeldspraak en personifikasie, nie pornografie nie, so ek sien nie waarom dit nie op die radio gespeel kan word nie. Of is ek psigoties?

    Die Wind

    (Kobus raak meer geinterreseerd in dwelms as sy loopbaan. Hy bly by die huis en Rouxleighd word ingesuig by sy gewoontes. Die tyd gaan verby terwyl die wind die blare al digter waai oor sy eertydse glorie.)

    Ons tweede instrumentale nommer. Eendag sal ons 'n cd uitgee met hierdie een, 'Die See' en al die ander wat nog volg daarop!

    Waar die Antwoord verskyn

    (Omdat sy vrou verwagtend is begin Kobus in sy dwelmwaan paranoise drome en vrese he oor die dood. Hy raak obsessief oor die feit dat hy en almal rondom hom verganklik is. Hy voel hulpeloos in die wete dat hy juis nie weet hoe hy te sterwe gaan kom nie)

    Na ons die debuut uitgereik het, het ek en Theo dikwels gepraat oor 'n tweede album. Die een vraag wat altyd opgekom het was 'wat sal ons doen, hoe sal dit klink?' Gelukkig hoef ons niks beplan het nie en het weer net gekomponeer wat vir ons gemaklik is en waarvan ons self hou. Die 'wat sal ons doen' en 'hoe sal dit klink' het eerder 'n vraag geword van nuuskierigheid, as 'n vraag na 'n plan van aksie. Hierdie snit is 'n goeie voorbeeld van ons benadering tot musiekmaak – ons doen wat ons wil, ons soek nie 'n plan of 'n klank om enige spesifieke mark te probeer binnedring nie.

    Roulied

    (A.g.v. die geweldige aanslag op haar liggaam van hul ongesonde lewenstyl, sterf Rouxleighd met die geboorte van hul kind.)

    Hierdie een is in 1995 geskryf en ons het besluit hy pas goed in by die trant van 100% Skuldgevoelvry. Dis 'n baie donker snit en sommige sal die lirieke dalk skokkend vind. Musiekgewys hou ek van die repeterende kitare wat jou voetjie vir voetjie na die ontploffing toe stuur.

    100%

    Die Storie van Karel Void – 2 Korinthiers 11 vers 13

    (Kobus verhard homself teen sy verdriet, en sy hulpeloosheid teen die onafwendbaarheid van die dood veroorsaak dat hy in sy koorsige drome 'n megalomaniese messias word wat die wereld se einde veroorsaak.)

    Die titel verklaar alles. Dis 'n storie. 'Karel Void' is 'n anagram vir 'O, Die Vark!' (Ja, 'L' word 'n uitroepteken, enigiets is moontlik in die Kobus! heelal.) Ek het eendag 2 Korinthiers 11 vers 13 gelees en gewonder wat sou 'n heedendaagse valse, maar magtige profeet doen om die aarde leed aan te doen. As almal fanaties word oor geloof wat sal die gevolg wees?

     

    Heldersiende Bedelaar

    (Kobus! woon in 'n huis vol gemors, sy glorieryke 'Howard Mylnaar' dae lank vergete. Hy verwyl sy tyd met goedkoop prostitute en die kortstondige geluk wat die skerppunt-prik bring terwyl sy kind in 'n agterplaas vol motoronderdele speel. Hy vertrou niemand nie en selfs die boemelaar buite in die straat word 'n bedreiging wat sy donker geheime aanspreek.)

    Hier is die klank wat ek nie genoeg van kan kry nie. 'n Stoomtrein wat voort 'djig-djig' en alles op sy spoor aan flenters laat spat. Geen 'fancy' dromme of 'n baskitaar wat in kringe speel nie. Dis polsend eenvoudig, onstuitbaar dringend en HEAVY! Die leadbreak behoort 'n Geraas toekenning op sy eie te wen! Ons is nou natuurlik pens en pootjies terug in die middel van ons musiekwortels. Nodeloos om te se, dis een van my persoonlike gunstelinge.

    Die Storie van die Duiweltjie en die Engeltjie

    (Dronk Kobus en sy dronk buurman het nie ooghare vir mekaar nie. Hulle hou nie daarvan dat hul kinders saam speel nie. Gevolglik probeer hulle hul eie kortsigtigheid op die kleintjies afdwing, maar die nuwe geslag het ander idees.)

    Ek het die beeld van 'n duiwel en 'n engel gebruik omdat dit 'n duidelike kontras is. Kinders word grootgemaak om miniatuur weergawes van hul ouers te wees. So, duiwels maak duiwels en engele maak engele. Gelukkig is daar darem nog mense wat besluit om hul lewens te stuur in 'n koers wat hulle self bepaal. (Selfde met mense wat musiek maak eintlik, he he)

     

    Oom Kobus se Plan

    (Hy is oud en seniel. Jare van misbruik het sy brein verteer en hy leef in 'n realiteit van hallusinasies. Wanneer die verpleegster, wie hy vir sy vrou aansien, die saal verlaat besluit hy om 'n einde te maak aan die ongenooide gaste wat by hom kuier.)

    Ek weet rerig nie waar ek hieraan gekom het nie. Soos 'Hoenderman' is dit een van daai dinge wat net is. Dit sou oorspronklik as 'n versteekte snit uitgereik word aan die einde van die cd, maar die platemaatskappy, ENT Entertainment, het baie daarvan gehou en aangedring dat dit 'n gelyste snit word. Uncle Vinnie se kuns in die cd boekie vir hierdie snit is net so mal soos die lirieke. Ek dink dit sal 'n lekker video maak.

    Volk van Main

    (Kobus, a.k.a. Howard, word eindelik geroep na waar die antwoord verskyn. Hy maak vrede met homself en die keuses wat hy gedurende sy lewe gemaak het. Hy sien 'n wereld verenig deur kontraste, waar almal 100% Skuldgevoelvry kan wees.)

    Hier's ons 'stadium rock anthem'. Ek kry altyd 'n pyn in die broeksak as iemand begin kla en moan oor iemand anders se musieksmaak, of 'n musiekant kraak 'n ander af. Afrikaners stry meer oor musiek as wat hulle vleisbraai. Mens kan se ons weerspreek onsself as jy dit met 'Kultuurfeestent' vergelyk, maar laasgenoemde gaan oor 'meer selfvertroue as talent' nie kleinlike jaloesie nie. En daar's 'n verskil tussen gesonde kompetisie en bloot 'n gebitchery. In elk geval, as ons skitsofrenies voorkom is dit goed so. Ons is uiteraard Kobus! Theo se riff is 'n meesleurende 'sigaretaansteker-in-die-lug' muur van klank.

    En die snit se presies wat ons is, hoe ons dit doen en hoekom ons dit doen.

    So, daar's hy. Fluit-fluit die storie is uit en nou sal ons begin met die verfilming daarvan. Dit gaan nog beter as 'The Wall' wees. Wag, dit is 'The Wall'. Damit! Nou moet ek weer van voor af begin uitwerk.

    Main!

    Francois Breytenbach Blom


    Theo praat oor die nuwe Kobus! cd 100% Skuldgevoelvry

     

     

    1) Drome te Bestel:

    Hierie song,as ek reg onthou, was eers n type of F.A.K. song wat ek en Francois wou verwerk het. Ek het die kitare en Francois die dromme en goete by sy huis record en die song so gelos. Dit was eers n tydjie voor Francois lirieke by gesit het en vir my gespeel het. Ek onthou hoe ek my kla gelag het toe ek dit eers hoor! Ma julle weet,dis wat Kobus! is en oor gan. Dit is ons plak! Ons maak die music om vir onself te entertain!( En natuurlik vir julle ook!)

    2) Ry in die kar

    Ek onthou toe ek hierie song by die huis gemaak het, het ek eers gedink dis kak en wou dit nie eintlik vir Francois gegee het om lyrics by te sit nie! Kan jy nou dit oor vertel? Anyway,maar toe Francois die song vir my terug gee met die verwerking en lyrics,was dit asof ek gewonder het hoe ek ooit myself so kon betwyfel! HA-HA Sekerlik een van my gunsteling tracks op die album. Funny hoe die songs wat mens so oor twyfel altyd die mainste uitwerk!

    3) Ek wil jou soen

    Hierie song was een van die laaste songs wat gemaak was vir die album. Francois het hierie ene in die studio in Dubai gemaak en vir my gespeel toe hy die aand land vanaf Dubai vir ons coastal toer in Desember. Die song was originaly als in dieselfde key, ma ons het sommer in die studio n paar cord changes in gesit en die wah-wah kitare oor dit gesit. Ek laaik die simplicity van 'soen'.

    4) Bonnie Brae

    Hierie was een van die eerste songs vir die album wat ons laaaaaank terug by die huis in Bonnie Brae record het. Laat dink my bietjie aan daai 'Sondagmiddag' plak. Die song het so amper stamper nie die album gemaak nie, ma na lank se gepraat is hy op! Ha-Ha! Sekerlik die normaalste song op die album,ma ek laaik hom. Ek hou van die stuk in Francois se verwerking in die lead break waar daar net dromme en kitaar is. Fokken main!

    5) Kultuurfeestent

    Dit is ma nou net THE BOMB!! Dis ook een van daai songs wat ons oor gewonder het, ma toe Jurgen( engineer by Sunset Studio's) die song klaar gemix het, kon ons nie glo dat ons OOIT kon gedink het ons wou dit af haal nie! Dis so lekker 'driving' kitaar riif en Francois se lyrics en sy Howard stem is so uiters puik !!

    6) Boereplaas

    Ons het die song vir n Kyknet program 'Die liedjies wat ons ken' gedoen. Francois het originaly drom tracks gemaak vir die song,maar toe ons in Pretoria die song wil record, kon ons nie die drum tracks down load oppie computer nie. Ons het toe maar besluit om die song te probeer sonder ene. Die song het regtig so goed uit gedraai! (om te dink die mense wou eers gehad het ons moet saai die watelemoen doen!)

    7) Ons is saam

    Dit het so lekker gevoel om die kitaar tracks oop te neem vir die song. Ek onthou dit was n lekker laid back dag by die studio toe ek die kitare record het. Ek hou ook nie altyd van te veel kitaar tracks op n dag try nie. As dit nie reg voel nie, try ek eerder n ander dag weer in plaas om oor en oor te probeer. Francois se lirieke is lekker bizaar!

    8) Die wind

    Op elke Kobus! album is daar altyd n instrumental song. ( Wel..... daar is nog net twee albums maar ons beplaan om nog baie te maak!!) Notice Francois se wind stemmetjie! Ja, ek weet, hys lekker mal daai ou! Nee, o.k. seriously. Die song was eers net kitare. Ek het later die dromme by gevoeg en terug gegee aan Francois wat toe die finale verwerking en wind stemme by gevoeg het.

    9) Waar die Antwoord verskyn

    Die song was eers genoem 'Roep', maar Francois het gedink dis n bietjie simpel, toe verander ons dit. (...aangesien hy al die lirieke skryf en sing, het ek nie te veel te doen het daarmee nie. Ek mind ook glad nie. Hy is fokken goed in wat hy doen, so ek trust sy judgement!) ( Ja.... nou gan hy dit lees en dan score ek brownie kobus points! score score!) Ha-ha

    10) Roulied

    Dit was n song wat ek seker in '97 of '98 vir die eerste keer gehoor het. As ek reg onthou was dit n 'Kruis' song. ( Francois se solo project), maar dit het lekker in gepas by hierdie album. Al die kitare op hierdie song was eers ge 'sample'. Ek het eers later by Sunset Studio's die 'sample' kitare vervang met my eie. En toe verander dit van n 'Kruis' song na n 'KOBUS!' song!

    11)Die Storie van die duiwel en die engel

    Ek laaik die dromme wat Francois gemaak het vir hierdie song! Dit was sekerlik een van die songs op die album wat ek die meeste geniet het om te speel. My solo is n kind of homage to one of the greatest and most inspirational guitarists of my time: Ace Frehley! ja nee! Francois het my vir die eerste keer introduce aan KISS! My eerste KISS song wat ek gehoor het was Cold Gin en dis nog steeds een van my favourites, anyway, ek like Ace se solo's! Dit klink amper soos n song op sy eie! Ek het die solo gedoen met so iets in mind en dit het so main uit gewerk!

    12) Die Storie van Karel Void – 2Korinthiers 11 vers 13

    Hierie storie liedjies is regtig vir my befok! Ek het eers gescheme dis te lank vir die album en vir Francois gevra of ons dit nie kan korter maak nie, soos n versie uit haal of so iets. 'Maar dan sal die song nie meer sence maak nie!' het Francois reply. Hy het n punt beet gehad! Mens kan nie versies uit storie songs haal nie, anders fok dit die storie op!

    13) Heldersiende Bedelaar

    LEKKA HEAVY EKSE!! So n riffie wat ek by die huis gemaak het met n bietjie scratching en so aan! Mike Horne het vir ons dromme kom speel op heirdie song. Ek like die programmed drums saam met die live drums. Ek dink dis ook bietjie meer terug na ek en Francois se roots toe!

    14) Oom Kobus se plan

    Dit was eers n ander song met ander lirieke. ek het die music vir Francois gegee en toe stuur hy vir my dit terug as n joke met hierdie lirieke! Ons het die song so ge 'digg' dat ons besluit het om dit n hdden track op die album te maak, maar toe like ons record company ( ENT) dit so baie dat hulle voorstel ons sit dit op as n listed track. Oom Kobus is lekka faaaar outt!

    15) Volk van MAIN!

    Ook n song wat al 'n tydjie gelede sy verskyning gemaak het, maar dit was eers later in die studio toe die live dromme by kom dat dei song rerig begin gat skop het. Ek like Francois se stem! Die hele vocal take was net een keer attempt as ek reg onthou, en dit het so cool uit gekom! Die woorde is uitstekend! Want ons is so bleddie Main!!!!

     

     

    So ja! Ek hoop regtig julle geniet die album net so baie soos wat ek dit geniet het om dit te maak!!

    Main en Cheers!!!

    Theodorus Louis Crous

    QUICK PICK
    Copyright © 2006-2009 Rhythm Online
    Actively developed by Petrus Theron (FreshCode). Content Managed by Brian Currin.