Theo Crous en Francois Breytenbach Blom se metamorfose van KOBUS! na K.O.B.U.S! neem die swaarste, donkerste elemente van hul vorige twee grensverskuiwende uitreikings en sleep dit diep die skadus in met hul jongste, meer uniformige audio-aanslag Swaar Metaal. Met Paul André Blom en Pierre Tredoux se talente bygeroep neem K.O.B.U.S! die luisteraar op ‘n briljante, onverbiddelike harsingskuddings-rit na die donker kant van die lewe. Van sosiale kommentaar (Witman, Huigelaar) tot by die drumpel van die doderyk en verder (Kinderhel, AMEN), Swaar Metaal is ‘n toonbeeld van Blom en Crous in die genre waar hulle die gemaklikste en op hul beste is. K.O.B.U.S! se nuwe klank en gedaante sal liefhebbers van die harder sy van musiek nie teleurstel nie. Hierdie eerste volwaardige Afrikaanse heavy metal album is ‘n mylpaal in die Suid Afrikaanse musiekbedryf en dien as toonaangewer vir waarheen die nuwe alternatiewe golf op pad is.
Speel dit so hard as moontlik!
Theo Crous and Francois Blom's metamorphosis from KOBUS! to K.O.B.U.S! takes the heaviest, darkest elements of their previous two border shifting albums and carries it forward into the shadows of their youngest, more uniformly audio approach. This long awaited third album will take the listener on a brilliant, unrelenting, mind blasting journey. SWAAR METAAL is a first in Afrikaans HEAVY METAL. Listen as loud as possible.
|