Persverklaring
Daar is al baie gesê oor hierdie Afrikaanse fenomeen en Suid Afrika het uiters hoë verwagtinge van hierdie nuwe vars asem in Afrikaanse musiek. Orkez , gebore in 2005, het al baie bereik in die kort rukkie wat hulle saam is.
Die groep is 'n viertal jong mans met Johan Zietsman as hoofsanger en op akoestiese kitaar, David Saunders op elektriese kitaar, Barrie van Zyl op dromme en Henk Saunders op baskitaar.
Die manne het al die 'nuwe talent' kompetisie van Pitstop TV gewen, word gereeld gesien op die Top 10 Beste Treffers lyste van Suid Afrika, het twee musiekvideo's wat wys op MK89 en reik nou hul debut CD, In Opsomming , uit.
In Opsomming is 'n diverse album wat die groepslede se verskillende agtergronde saamvat in 'n enkele kragtige pakket. Afrikaans kán dans, en In Opsomming wys ons dat die Afrikaanse taal op baie meer maniere aangewend kan word as waaraan ons gewoond is.
In Opsomming bied 'n wye spektrum luisterbare verwerkings van musikale style soos Folk, Funk, Rock en Blues en die kombinasie van hul oorspronklike musikale aanwending en relevante alledaagse temas is 'n vars alternatief tot die alledaagse op die rakke.
In Opsomming is 'n moet vir die Suid Afrikaner wat van goeie Afrikaanse musiek hou en is 'n broodnodige aanvulling tot enige Afrikaanse musiek versameling.
Kom ontmoet Orkez , die vars nuwe asem in Afrikaanse musiek.
Press Release
Much has already been said about this Afrikaans phenomenon and South Africa has extremely high expectations of this breath of fresh air in Afrikaans music. Orkez, formed in 2005, has already achieved a lot in the short time that they have been together.
The group consists of four young men with Johan Zietsman on lead vocals and acoustic guitar, David Saunders on electric guitar, Barrie van Zyl on drums and Henk Saunders on bass guitar.
The guys have already won the 'new talent' competition on Pitstop TV, are regularly on the Top 10 Hit List for South Africa, have two music videos that feature on MK89, and are now releasing their debut CD, In Opsomming .
In Opsomming is a diverse album which captures the group members' different backgrounds in one powerful package. The album shows us that Afrikaans can be fun and the language itself can be used in many more ways than we are used to.
In Opsomming offers a wide spectrum of musical style such as Folk, Funk, Rock and Blues. The combination of their original musical talent and the relevant every day themes they address is a fresh alternative to what is available in the market.
In Opsomming is a must for the South African who likes good Afrikaans music and is an essential addition to any Afrikaans music collection.
Come and meet Orkez , the breath of fresh air in Afrikaans music.
|