English:
The long awaited debut album of Afrikaans electro rock pioneers Thys Nywerheid has finally arrived. Aptly titled “Husse met lang messe”, Dawid Kahts (guitars, vocals and production) and Jamie Sharpe (turntables) break all the rules that define contemporary popular music.
From the dark Kwaito rock opening number “Tsotsi” to the tongue in the cheek “Bokkie Sokkie Skoppelmaai”, the listener is taken through a musical house of mirrors where humour and political satire abounds.
With an omnipresent funk presence, the zeitgeist of modern South Africa is perfectly reflected. A definite highlight of the album is a cover of the seminal Bernoldus Niemand song, “Snorcity”. With a musical backdrop that provokes the lounge at the restaurant at the end of the Universe, the band seeks to bring the genius of the late James Phillips to a new generation.
Think Fatboyslim meets Oom Paul Kruger and Frank Zappa for a skateboarding session on the moon and you will still not be nowhere near what this album sounds like.
Afrikaans:
Die lank verwagte debuut album van Afrikaanse elektro rock pioniers Thys Nywerheid is uiteindelik hier. Met die gepasde titel “Husse met langmesse”, breek Dawid Kahts (kitaar, stem en produksie) en Jamie Sharpe (draaitafels) al die reëls van kontemporere populere musiek.
Van die donker Kwaito rock openings snit “Tsotsi” tot by die tong-in-die-kies “Bokkie Sokkie Skoppelmaai” word die luisteraar deur ‘n musikale huis van spieëls geneem waar humour en politiese satire aan die orde van die dag is.
Met ‘n alomteenwoordige funk gevoel word die tydsgees van moderne Suid Afrika perfek gerefklekteer. A definitiewe hoogtepunt van die album is ‘n opname van die seminale Bernoldus Niemand snit, “Snorcity”. Met ‘n musikale agtergrond wat Douglas Adams se restaurant aan die einde van die Heelal oproep, bring die groep die geniliateit van James Phillips na ‘n nuwe generasie.
Dink Fatboyslim ontmoet vir Oom Paul Kruger en Frank Zappa vir ‘n skaatsplank sessie op die maan en jy is nog steeds nie naby aan hoe hierdie album klink nie.
|