“Met splinternuwe liedjies uit die pen van Stef Kruger, André M en Jaco Barnard, is die agtienjarige Carina Renz se musiek is ‘n vars briesie wat vanuit die Oos-Kaap waai. Vanuit Kirkwood, om presies te wees. Carina Renz het ‘n sprankel in haar stem wat mens lus maak om verder te luister. Haar musiek bevat boodskappe wat dieper lê as net blote woorde en aan die anderkant sing sy lekker opgewekte melodieë wat mens se voete laat jeuk. Carina slaag ook daarin om met nuutverwerkte bekende melodieë soos Dixieland, Ek sal jou nooit vergeet nie, Don’t cry for me Argentina en Come what may ‘n nuwe raktyd aan hierdie liedjies te gee. Haar album ONTHOU, dis haar debuutalbum, is een wat beslis nog groot opslae in die musiekbedryf sal maak. Sy bewys beslis hiermee dat sy ernstig is oor haar sangloopbaan en gekom het om te bly.
Oktober 2008
|