die ryno velvet band
Met Ryno Velvet op stem en kitaar, Jean Odendaal op dromme en Johan “noddy” Willemse op die bas, kom die drie stuk van Durbanville Kaapstad. Twee albums is al bekend gestel naamlik “karma” (2006) n akoestiese gedrewe tentoonstelling. Met folk en blues ondertone bevat die Album tien oorspronklike snitte, van die snitte “Ai my lam” en “Sien” twee satiriese folk rock songs, word twee musiek videos gegenereer.
Op die pad is optredes gereeld en gedrewe. Met optredes by die Brandvlei Maximum Sekuriteit Gevangenis het die orkes baie media hulp gekry om die musiek te bemark aan verskeie gehore.
Met meer verhoog tyd en meer ervaring ontwikkel die nuutste lewering van die trio die album “harp”(2008) n diverse versameling van harde, akoestiek, punk, blues en oorspronklike Afrikaanse rock. Met elf snitte is die album jonk en oud van gees en hou vas aan die ryno velvet klank. Die album vind tuiste in n wye spektrum van luisteraars.
Uitdaging vir enige siel om na te luister.
Die ryno velvet band toer gereeld en tree landwyd op en menige internet profiele is beskikbaar vir meer inligting. Die nuutste video “kyk hoe lyk jy nou” n produksie van Mushroom Media is tans op die musiek kanaal MK.
In vrede
die ryno velvet band
|