RhythmMusicStore.com - South African MP3 Music Downloads  
MyMusiek.co.za 84,823 MP3 tracks available @ R7 per track ($0.99) and growing daily! (146 new tracks added this week)

The South African Music Portal
   
Navigation Bar - Home, Store, News, Events, How-to, About, Contact Rhythm Online Home Page Search the Rhythm Online Music Store Rhythm Online News Help on Payments & downloading About Rhythm Online Contact Rhythm Online
 
Shopping Cart
Your cart is still empty. Add some music to it by clicking on checkboxes marked Add to cart indicator. Click on Play Button Image play buttons to hear samples.

Find high-quality MP3 music in the catalogue.

Log in to see your credit
Prepaid Credit

Rhythm Online now offers Prepaid Credit purchases at great value (save up to 15%) for faster, more convenient downloads.

Click to learn more.

Gift Vouchers available here.

SELL YOUR MUSIC ON RHYTHM

If you are a talented musician, published or unpublished, fill in the online electronic distribution agreement to have your tunes listed on Rhythm Online Music Store.

AFFILIATE PROGRAM

Earn commission on music sales by linking to Rhythm Online Music Store. Contact Rhythm.

3 Steps to Buy Music Online: Select Music, Checkout, Download.
 
Select tracks to download from Die Nagloper...
 
Track Title
Value
Loading Music Player...
1. Petronellaby Radio Kalahari Orkes
R 7.00 ($0.99)
2. Skeeloog Daisyby Radio Kalahari Orkes
R 7.00 ($0.99)
3. Suikerbossie by Radio Kalahari Orkes
R 7.00 ($0.99)
4. Treur Baba Treurby Radio Kalahari Orkes
R 7.00 ($0.99)
5. Maak 'n Doppieby Radio Kalahari Orkes
R 7.00 ($0.99)
6. Susannahby Radio Kalahari Orkes
R 7.00 ($0.99)
7. Willie Die Fluitspeler se Vastrapby Radio Kalahari Orkes
R 7.00 ($0.99)
8. Ons Landby Radio Kalahari Orkes
R 7.00 ($0.99)
9. Ek Wil Terug Na Die Plaasby Radio Kalahari Orkes
R 7.00 ($0.99)
10. Die Kalfie Waltz by Radio Kalahari Orkes
R 7.00 ($0.99)
11. Waar Is Bettyby Radio Kalahari Orkes
R 7.00 ($0.99)
12. Storie Van David De Langeby Radio Kalahari Orkes
R 7.00 ($0.99)
13. Boomstraat se Nooiensby Radio Kalahari Orkes
R 7.00 ($0.99)
14. Suikerbossie Deur David De Langeby Radio Kalahari Orkes
R 7.00 ($0.99)
Album Total: R 98.00 ($13.86) Select All


 
More albums by Die Radio Kalahari Orkes...
 
 
Music lovers who liked this album also enjoyed...
 

 

Die Nagloper by Die Radio Kalahari Orkes

 
Die Radio Kalahari Orkes - Die Nagloper Album Cover

Radio Kalahari Orkes
Die Nagloper, musiek van David de Lange


Die Dertigs het aan ’n man met die naam van Dave behoort. Hy was ’n mynwerker, ’n rebel en ’n ongelooflike musikant.

RKO laat De Lange weer lewe en blaas nuwe gees in die liedjies wat die moelikheid veroorsaak het. Dis dieselfde musiek wat vir De Lange in die 30s van die radio afgehou het. Dit wil sê: gatskop boeremusiek uit die dae voor die Afrikaner mak geword het!

Die Musiek
Al die liedjies op hierdie CD is oorspronklik tussen 1934 en 1941 deur David de Lange opgeneem. Songs soos Susannah is kenmekend van sy vroeë, landelike periode. Suikerbossie en Boomstraat is verwerkings van deuntjies uit Distrik Ses. Waar is Betty en Treur Baba Treur vind hulle oorsprong in die swart musiek van Amerika se 'Deep South,' en die res is egte boeretroos. Volgens oorlewendes is die Afrikaanse lirieke meestal deur De Lange self geskryf.

Biografie:

Radio Kalahari Orkes laat Afrikaans se onderrok wys...

Sedert Radio Kalahari Orkes (RKO) se bekendstelling in 2005 KKNK, het hulle die harte en voete van die hele nasie landwyd opgeëis. Hulle navolgers is so wydversrpeid soos hulle musiek. Afrikaans, Engels, swart, Capies... almal word geraak en geamuseer deur die ‘orkes’.

Voor in die koor is die geliefde stoepsitter van die Kalahari-oase, Boet (Ian Roberts). Hy lei die orkes in ’n lewendige, soms aweregse vertoning van die beste musiek wat Afrikaans sekerlik tans bied. Hulle kan sing! En mondfluitjie speel, riel, dans en kitare slaan...

RKO was ’n treffer by Oppikoppi en Innibos. By die KKNK het mense agter hulle aangeloop van vertoning na vertoning. In Pretoria was elke optrede van RKO weke vooruit volbespreek.

Die musiek is uniek en eg-Suid-Afrikaans, met invloede uit die hele skatkis van die land se kulture. Op die album word geen genre met rus gelaat nie, van goema tot rock; kwaito tot boeremusiek... en natuurlik nog vele meer. Die orkes se instrumente sluit in kitare, banjo’s, mandolien, mondfluitjie, kazoo, pennywhistle, viool, dromme... en die pragtige Krummelpoppies se agtergrondstemme.

RKO beoog om binne die volgende paar maande hul volgende cd uit te bring belowe om mense weer van hul stoele af te lig en op die dansvloer te kry.

Die songs se lirieke draai ook nie doekies om nie. Die hele landskap van Suid-Afrikaner wees word ondersoek – van rugby tot affirmative action, van liefdesleed tot vleis-eet. Uit die pen van Ian Roberts kom ook ‘n skitterende lied oor die baasspeurder Piet Byleveld.

Die manne agter meeste van die wysies is hoofsaaklik Dan Roberts en skrywer-joernalis Rian Malan, wat ook sy eie album Alien/Inboorling vrygestel het en met geweldige entoesiasme ontvang is.

Malan het ook die Teaterstuk, Die Nagloper geskryf, wat handel oor die lewe van die 1930’s se boeremusiek-held, David de Lange. RKO sal in die toekoms ook hierdie opwindende nouveu-boeremusiek songs by hulle vertoning voeg -

So, trek aan jou opskopskoene, want hier kom 'n ding...

QUICK PICK
Copyright © 2006-2009 Rhythm Online
Actively developed by Petrus Theron (FreshCode). Content Managed by Brian Currin.