RhythmMusicStore.com - South African MP3 Music Downloads  
MyMusiek.co.za 84,823 MP3 tracks available @ R7 per track ($0.99) and growing daily! (146 new tracks added this week)

The South African Music Portal
   
Navigation Bar - Home, Store, News, Events, How-to, About, Contact Rhythm Online Home Page Search the Rhythm Online Music Store Rhythm Online News Help on Payments & downloading About Rhythm Online Contact Rhythm Online
 
Shopping Cart
Your cart is still empty. Add some music to it by clicking on checkboxes marked Add to cart indicator. Click on Play Button Image play buttons to hear samples.

Find high-quality MP3 music in the catalogue.

Log in to see your credit
Prepaid Credit

Rhythm Online now offers Prepaid Credit purchases at great value (save up to 15%) for faster, more convenient downloads.

Click to learn more.

Gift Vouchers available here.

SELL YOUR MUSIC ON RHYTHM

If you are a talented musician, published or unpublished, fill in the online electronic distribution agreement to have your tunes listed on Rhythm Online Music Store.

AFFILIATE PROGRAM

Earn commission on music sales by linking to Rhythm Online Music Store. Contact Rhythm.

3 Steps to Buy Music Online: Select Music, Checkout, Download.
 
Select tracks to download from Spookpsalms...
 
Track Title
Value
Loading Music Player...
1. Sysie September by Piet Botha
R 7.00 ($0.99)
2. Richmondstraatby Piet Botha
R 7.00 ($0.99)
3. Die Heks Is Doodby Piet Botha
R 7.00 ($0.99)
4. Bitterfonteinby Piet Botha
R 7.00 ($0.99)
5. Stad Sonder Naamby Piet Botha
R 7.00 ($0.99)
6. Begrafnisliedby Piet Botha
R 7.00 ($0.99)
7. Die Groot Verlangeby Piet Botha
R 7.00 ($0.99)
8. Hartbeeshuisieby Piet Botha
R 7.00 ($0.99)
9. Neentientweeby Piet Botha
R 7.00 ($0.99)
10. Winternagby Piet Botha
R 7.00 ($0.99)
11. Spookjamby Piet Botha
R 7.00 ($0.99)
Album Total: R 77.00 ($10.89) Select All


 
More albums by Piet Botha...
 
 
Music lovers who liked this album also enjoyed...
 

 

Spookpsalms by Piet Botha

 
Piet Botha - Spookpsalms Album Cover

Spookpsalms by Piet Botha

Na 8 jaar het die veteraan kunstenaar Piet Botha weer ‘n Afrikaanse album die lig laat sien.Die nuwe cd heet “Spookpsalms” en bevat 11 splinternuwe komposisies.

“Daar was al ‘n paar liedjies maar toe die TV program “Wie lê waar” opduik het dit die hele album in ‘n ander rigting gestuur.Vanaf September tot Desember 2010 was ons op die pad besig met die verfilming, dwarsdeur die land en omdat die program so ‘n sterk historiese inslag het, het daar ‘n ander element ingetree in die werk nl. ‘n tipe tradisionele , tydlose gevoel…wat dan weer aanleiding gegee het na die idee van die Spookorkes wat hierdie liedjies opvoer.”

Daar is ook gepoog om soveel as moontlik by tradisionele instrumentasie te bly. Derhalwe is die album vol akoestiese kitare, klavier , mondfluitjie, trekklavier, saksofoon en orrel. Dit is ‘n eiesoortige stuk werk, heeltemal buite die moderne genre en totaal anders as Botha se vorige Afrikaanse albums.

“Die moeilikste ding is sekerlik om met eenvoud ‘n gewigtige saak te kan oordra, en dis wat hier gepoog is. Selfs die humor wat opduik is satiries en laat mens lag maar met nabetragting.”

Die album is in April opgeneem deur Lanie vd Walt wat ook die regie en meng behartig het asook die “double -bass” gespeel het. Die tromme is oudergewoonte deur Paul vd Waal gespeel en die baskitaar deur Tertius du Plessis. Piet Botha het kitare, klavier, orrel en mondfluitjie gespeel en gesing.

Die pragtige vrouestem is deur Loandi Boersma gelewer. Verder was dit geweldig opwindend om uiteindelik vir die legende Ollie Viljoen saam op ‘n album te hê , op trekklavier en orrel. Nog ‘n ou vriend en eertydse lid van die Jack Hammer groep, Leon van Zweel het die saksofoon laat huil. Donovan Borne het agtergrondsang gelewer en so het die Spookorkes die liedjies in die lewe gebring.

Wat opvallend is van hierdie werk is die suiwer Afrikaans wat gebruik word.

Daarbenewens die gevoel van “n ander tyd”, as mens dit so kan stel, wat mens ervaar met die deurluister daarvan. En dan die oorspronklikheid.

Piet Botha sal tydens Meimaand ‘n paar vertonings rondom Pretoria gee waartydens die nuwe werk lewendig gehoor kan word en die album beskikbaar sal wees, soos by Cafè Barcelona op Saterdag die 21e en Sondagmiddag die 22e by die Blue Flame Grill in Montana, alvorens daar weer teen einde Mei na Mosambiek gegaan sal word vir die jaarlikse STRAB musiekfees. Hierna sal daar ook vertonings in die Kaap geskied asook in die Vrystaat in Juliemaand tydens die Volksbladkunstefees.

Van die musiek op “Spookpsalms” is ook in die TV reeks (“Wie lê waar”) gebruik maar nie in geheel soos dit op die album verskyn nie. Hierdie opnames is deur Riku Latti gedoen.

Van die nuwe nommers wat klaar aftrek kry by gehore is “Bitterfontein”. “Sysie September” (‘n nuwe verwerking van ‘n tradisionele Griekwa liedjie), “Stad sonder naam”, “Die heks is dood” en “Richmondstraat”.

QUICK PICK
Copyright © 2006-2009 Rhythm Online
Actively developed by Petrus Theron (FreshCode). Content Managed by Brian Currin.