Oorlog Frankenstein is die "unlikely" romantiese musiek projek tussen Francois van Coke (Van Coke Kartel, Fokfopolisiekar) en Peach van Pletzen (Yesterday's Pupil, Bittereinder).
Dit het alles begin toe Francois en Peach saam aan die musiek gewerk het vir 'n toneelstuk gititel "2-21" wat in 2009 by KKNK sowel as Aardklop opgevoer was.
Hulle het so geniet om saam te werk en was verbaas deur die unieke klank wat hulle geskep het deur Francois se stem te meng met donker Electro musikale klanke dat hul besluit het om dit vry te stel.
So het Oorlog Frankenstein die lig gesien. Volgens die twee is daar geen strategie of enigiets betrokke nie. "Ons probeer net doen wat natuurlik kom sonder om dinge te overthink of op 'n spesifieke mark te rig en al daai nonsens, ons maak net tunes en ons gee glad nie om wat die eind resultaat is nie, dink daar aan as musikale braaksel. Ons wil onsself verbaas." Vir Peach is dit ook bietjie van 'n sosiale ekspirement. "Dis vir my interresant om te sien hoe mense reageer op Francois, die ultimate Afrikaanse Rockstar klink oor Electro musiek." Peach het ook Van Coke Kartel se album "skop, skiet en donner" produce.
Oorlog Frankenstein se musiek is van natuur baie teatraal en epies omdat dit oorspronklik vir 'n toneelstuk gekompineer was. Hulle beskryf hul klank as "Theatrical Racing Music!"
|