Na die storm-en-drang van Bloedrivier wou ek graag terug na 'n eenvoudiger klank, ek is ook geïspireer deur die klankbaan van "Juno". Sommige van die liedjies is ou goed, wat ek graag weer wou oor opneem. Atlantis in Jou Lyf is dieselfde opname as wat destyds op Madiba Bay gebruik is, maar sonder daardie een verkeerde noot, wat my nog altyd grensloos geïriteer het! Ek Wens ek was Daar en Slaan Daai Dromme is beide vir mense na aan my hart geskryf en vol persoonlike emosies. En na The Faith Song hoop ek regtig dat mense my nie langer sal vra:"Koos, wat GLO jy nou eintlik?" nie! - Koos Kombuis