Bittervrug se tweede album Daar’s Wolke Buite, is vroeg in Maart 2010 vrygestel. Waar in Bloed Vir Ontbyt die kunstenaar se angst en frustrasie met sy omstandighede uitgedruk het, bied die tweede album die luisteraar ‘n meer volwasse “Bittervrug”: meer tevrede, besadigd – n man in n beter ‘Headspace’. Soos die kunstenaar dit self uitdruk: ” ontbyt is verby en laat ons nou op ‘n ander manier smul aan vlugte/vrugte van onomwondige eerlikheid. Maak oop jou kop, en die gordyne en sien, daars wolke buite.” Die getemperde woede van die eerste album word vervang met nuwe emosies; liefde, aanvaarding, volwassenheid en seksuele groei. Steeds bly daar egter die ondertoon van wroeging, frustrasie, wankelrige hoop en drome wat so kenmerkend is van Bittervrug se styl.
|