Wolraad Woltemade het begin in die somer van 2008 met lede Jacques Olivier en Fish Archer, wat bymekaar gekom het en material begin skryf het vir hulle nuwe projek. Altwee was op daai tyd lede in heavy metal bands in Pretoria en Johannesburg. Na n hele paar bottles rooiwyn het hulle op die naam Wolraad Woltemade besluit en die band is begin. N eerste demo is opgeneem in hulle huis studio saam met 2 vriende Lias van bekende SA groep The Narrow en Ralfy wat saam met Jacques in Misericord gespeel het. Vroeg in 2009 het lede Piet Stanton, Tjokkie en Harry by die groep aansluit, wat vandag bekend staan as Wolraad Woltemade.
Op die 14de April is ons eerste EP wat geself title is vrygelaat en gelaunch by Times n Times in Hatfield in Pretoria wat n reuse sukses was. Dit is opgeneem by B studios in Boksburg by JP de Stefani wat al met baie bekende groepe soos Boo, BloodMoney, Martin Rocka, Fokofpolisiekar, AKing en Foto Na Dans al gewerk het.
Die toekoms vir WW lyk baie helder en daar word alklaar toere en optredes landswyd gereel. Planne om 2 videos te doen van die eerste EP af is ook al in die pyplyn, Johan Beukes van Third World Media in Kaapstad gaan betrokke wees met die produksie daarvan. Ons eerste single “Tot More Kom” is alreeds geplaylist op SA se nommer 1 kampus stasie TUKSFM en behoort baie goed te doen op die SA top 10.
Alhoewel die lyrieke en musiek nie verband hou met die oorspronklike held Wolraad Woltemade nie is daar wel ‘n universele tema : “Wees jou eie held” Die musiek wat ons vervaardig het n baie bree teikenmark waarna die hele gesin kan luister. WW lewer n positiewe boodskap aan sy gehoor oor altyd sterk staan en daarop focus om jou kop ten alle tye bymekaar te hou.
Dis styl van musiek kan beskryf word as Rock and Roll met n bietjie elektroniese afronding. WW se inspirasie kom van groepe soos AC/DC, Enter Shakira, Rise Against, The Used, Stone Sour, Pink Floyd en Valiant Swart, maar ons probeer dit so vars as moontlik hou met ‘n unieke klank en gebruik van harmoniё en melodie.
|