Tussen sy musiekvriende word Al’astair soms “Allesdaar” genoem. Of dalk bedoel hulle eintlik “Allesdaar???”
Hy was al herhaaldelik by omgewings-kwessies betrokke, en het in die media beland toe hy in 1995 probeer het om die staalfabriek by Langebaan te probeer stop. Sy eerste song (“Lied van Saldanha”) is uit hierdie omgewingstryd gebore, en sedertdien voer hy ook ‘n “tweede” lewe.
In 1998 het hy ‘n CD met 16 oorspronklike songs, getiteld “My Hond Fanie”, privaat uitgereik wat deur Die Burger se kunsbladsy onder die 10 afrikaanse CD’s van die jaar vermeld is. Hy het oor die jare onder andere op Geraas, Kyknet, E-TV, teater restaurante, vier keer by KKNK en verskeie ander kunstefeeste opgetree. Sy eerste CD is herhaaldelik op RSG gespeel, en hy het in 2008 deurgedring tot by die eindrondte van die Wes-Kus Pub-Idols, was by twee geleendhede die openings-kunstenaar by shows van Matthys Roets, meer as een keer ‘n gaskunstenaar saam met Richard van der Westhuizen en Lochner de Kock, en dikwels ‘n gaskunstenaar by toekenningsaande van Delycia van der Merwe se musiekskool.
Hy het ‘n tweede CD genaamd “Blou Trane” privaat uitgereik wat ook baie positief op die kunsbladsy van Die Burger resenseer is.
Een van sy songs is deur Sarah Theron in haar bundel Sit die Ketel Aan opgeneem, en een van sy ander songs is op ‘n kompilasie opgeneem.
Hy is ook die skrywer van ‘n boek getitled “The Giant Puzzle” oor verhoudingstraumas wat positief resenseer is in The Argus en Beeld, en ook in Oprah se Suid-Afrikaanse O-Magazine.
Al’ ry al vir jare alleenlik met sy “baie moderne” 1963 model voertuig. Sowat vyftien jaar gelede het hy op die ingewing van die oomblik deelgeneem aan ‘n ‘n motorresies op Killarney, en derde ge-eindig. Dit was vir hom ‘n baie groot dag in sy lewe.
Al’astair wil die res van sy lewe geheim hou insoverre moontlik.
|