As Sting, Coldplay en Radiohead saam
‘n Gospel CD sou maak, sou dit dalk
so goed wees soos Neil Büchner se
debuut. Hy verskuif elke denkbare
grens, maar tref steeds met ‘Nes ons
is’ en ‘Kale knieë’ ‘n wye kommersiële
mark. Tans no.2 op Radio Tygerberg
se Top 20, en met ‘n RSG advertensie-
veldtog op pad, behoort Neil se
nasionale bekendheid gou toe te
neem. Daar is min Gospel musiek
vir 20-somethings, maar daar is Neil
Büchner!
|