Bonsai - 'n goue geskiedenis
Bonsai - die kunstenaar agter Goue Meerkat.
Bonsai speel as jeugdige verskeie gigs in Pretoria tussen 2000 en 2003 waar hy die verhoog met van die warmste plaaslike kunstenaars deel, onder meer Riku Latti, Valiant Swart, Brixton Moord en Roof, Beeskraal en BVK. Van sy vroeë collaborations kry toe ook reeds lugtyd op Tuks FM.
Teen middel 2003 raak die gejaag van die stad te veel en kies hy 'n rustiger bestaan op Oudtshoorn, deels vir kreatiewe inspirasie. In Oudtshoorn word Bonsai gedwing om alles self te doen toe hy nie like-minded muso's ontmoet nie - 'n wonderlike leerproses wat hom goed te staan kom om die fondamente vir 'Vrot' te skep! Goue Meerkat, die nuwe single, word juis geinspireer toe hy 'n ruk by die Kango Grotte werk (musikante moet ook maar oorleef!)
Met die kreatiewe juices wat weer begin vloei het besluit hy in 2004 om na Johannesburg te verhuis om die stad te gaan rock. Na 'n paar vroeë demos by DP Studios begin Bonsai sy eerste vollengte album 'Vrot' opneem in die somer van 2006.
Tussen recording sessions bly hy besig met grafiese ontwerp, kuns en selfs 'n paar film sketse.
Goue Meerkat - die video.
Die konsep en filosofie vir die Goue Meerkat video het onstaan na 'n brainstorming session deur Bonsai en vervaardiger Johann Botha by Verse 2 Vision Studios. Nie gemaklik met die idée om nog 'n ou 'boring rockster in die parkie' video te skiet nie, besluit hulle op 'n regte challenge: stop animasie. Fotograaf Christof van der Walt is verantwoordelik vir al die foto's en kunstenaar Gerda Smit se hulp word dan ook ingeroep om karakters te skep vir Goue Meerkat.
Omdat Bonsai meestal in Afrikaans rock was die produksie span heel ingenome om by so 'n kick-ass projek betrokke te raak. Die grootste problem was hoe om die konsep in 3 minute en 23 sekondes te laat inpas! Goue Meerkat het dus deel geword van die klankbaan van 'n kort film wat later in 2007 vrygestel sal word.
|