Bok van Blerk, die ongelooflike opwindende nuwe Afrikaanse groep skud die land met hulle vuurwarm, oorspronklike treffers!
Bok van Blerk is trots Afrikaans en elke stukkie musiek op sy CD drup van heerlike kultuur. Van die voet in die hoek treffers soos ’68 Chevy (Minki), Habana! en Hatfield Jol regdeur tot die hartroerende, So waai die wind en
die magtige volkseie…De La Rey.
In Februarie 2006, word Bok van Blerk se debuut CD, Jy praat nog steeds my taal in Suid-Afrika vrygestel. In Oktober 2006 herdruk die vervaardigers van
Mozi Records die CD as … De La Rey en sluit die epiese musiekvideo in, gereken deur MK89 as die beste musiekvideo nog ontvang.
“Baie dankie aan almal wat my ondersteun en die CD gekoop het” sę Bok van Blerk, “ons het glad nie verwag dat ons so vinnig goue status gaan bereik nie. Inteendeel, ons is alweer halfpad na platinum status!”
Bok van Blerk is ook een van die gewildste kunstenaars op die verhoog saam met sy briljante band – met Manie van Niekerk op lead kitaar, Francois Coetzee op bass kitaar, en Nathan Smit op dromme!
|