RhythmMusicStore.com - South African MP3 Music Downloads  
MyMusiek.co.za 84,798 MP3 tracks available @ R7 per track ($0.99) and growing daily! (108 new tracks added this week)

The South African Music Portal
   
Navigation Bar - Home, Store, News, Events, How-to, About, Contact Rhythm Online Home Page Search the Rhythm Online Music Store Rhythm Online News Help on Payments & downloading About Rhythm Online Contact Rhythm Online
 
Shopping Cart
Your cart is still empty. Add some music to it by clicking on checkboxes marked Add to cart indicator. Click on Play Button Image play buttons to hear samples.

Find high-quality MP3 music in the catalogue.

Log in to see your credit
Prepaid Credit

Rhythm Online now offers Prepaid Credit purchases at great value (save up to 15%) for faster, more convenient downloads.

Click to learn more.

Gift Vouchers available here.

SELL YOUR MUSIC ON RHYTHM

If you are a talented musician, published or unpublished, fill in the online electronic distribution agreement to have your tunes listed on Rhythm Online Music Store.

AFFILIATE PROGRAM

Earn commission on music sales by linking to Rhythm Online Music Store. Contact Rhythm.

3 Steps to Buy Music Online: Select Music, Checkout, Download.
 
Select tracks to download from Vuur en Vlam...
 
Track Title
Value
Loading Music Player...
1. Pamela se Ouma Woon In Boomstraat by Valiant Swart en Ollie Viljoen
R 7.00 ($0.99)
2. Katrina Lawinaby Valiant Swart en Ollie Viljoen
R 7.00 ($0.99)
R 7.00 ($0.99)
R 7.00 ($0.99)
R 7.00 ($0.99)
6. 'n Man Wat Kanby Valiant Swart en Ollie Viljoen
R 7.00 ($0.99)
7. Die Aeroplane se Vlerkby Valiant Swart en Ollie Viljoen
R 7.00 ($0.99)
R 7.00 ($0.99)
R 7.00 ($0.99)
10. Wals Keurspelby Valiant Swart en Ollie Viljoen
R 7.00 ($0.99)
11. Ballade Op Die Dronkpartyby Valiant Swart en Ollie Viljoen
R 7.00 ($0.99)
12. Mona Van Marydaleby Valiant Swart en Ollie Viljoen
R 7.00 ($0.99)
13. My Hartjie, My Liefie by Valiant Swart en Ollie Viljoen
R 7.00 ($0.99)
R 7.00 ($0.99)
15. Jongetjiekind by Valiant Swart en Ollie Viljoen
R 7.00 ($0.99)
16. Karavaanpark Romanseby Valiant Swart en Ollie Viljoen
R 7.00 ($0.99)
17. My Hart Verlang Na Die Boland by Valiant Swart en Ollie Viljoen
R 7.00 ($0.99)
Album Total: R 119.00 ($16.83) Select All


 
More albums by Valiant Swart en Ollie Viljoen...
 
 
Music lovers who liked this album also enjoyed...
 

 

Vuur en Vlam by Valiant Swart en Ollie Viljoen

 
Valiant Swart en Ollie Viljoen - Vuur en Vlam Album Cover

VALIANT SWART EN OLLIE VILJOEN: VUUR EN VLAM

Die boeremusieklegende Ollie Viljoen en die bluesrocker Valiant Swart het pas die opnamesessies voltooi van hul eerste gesamentlike album, getiteld Vuur en Vlam.

Die album bevat sewentien snitte, bestaande uit 'n handvol tradisionele boeremusiek en volksliedjies, asook 'n dosyn splinternuwe skeppings. Daar is byna ewe veel instrumentale as vokale nommers, oorwegend in die volks- en boeremusiek idioom, afgewissel met invloede uit die twee kunstenaars se gedeelde passie vir blues en cajun/jazz/sigeunermusiek.

Ollie speel akkordion, klavier en Hammond-orrel, terwyl Valiant sing en die kitare speel. 'n Groep uitgesoekte musikante, deur Ollie en Valiant gedoop Die Mystic Boereorkes, het kragte saamgesnoer om aan die album 'n onweerstaanbare vonkel te verleen. Daar is, onder andere, die konsertinakaptein Barney van Dyk, die dromme-en-perkussie maestro Barry van Zyl, die viool-fenomeen Wynand Davel, die trompetgeskal van Adriaan Brand en die bobaas blues-bekfluitjie van Dave Ferguson. Verder lewer Laurinda Hofmeyr 'n spesiale gasoptrede op een van die ou gunstelinge.

Die opnamesessies is volledig verfilm vir die vervaardiging van 'n DVD, wat later vanjaar uitgereik word. Redigering hiervan word gedoen deur Neil Sandilands en die vervaardiger is Johan Badenhorst.

Twee sonderlinge insluitings is opnames van liedjies van George Snyman, 'n tuinier en houtkapper van Malgas. George, self 'n kitaarspeler, en Valiant het 'n paar jaar gelede ontmoet en haal gereeld die kitare uit om saam musiek te maak. Valiant en Ollie het besluit om van George, oftewel 'Oom Jolla', se liedjies op te neem, en die resultaat, gesing in die oorspronklike streeksdialek, is werklik iets besonders - aards en eerlik.

Nog 'n interessante toevoeging is Valiant se toonsetting van die G.A. Watermeyer-gedig 'Ballade op die dronkparty'. Die gedig is oorspronklik in 1948 in die bundel 'Sekel en Simbaal' gepubliseer, en was 'n natuurlike keuse vir toonsetting, aangevuur deur Ollie en Valiant se gelyke liefde vir Afrikaanse poësie, Bolandse rooiwyn en goeie ou samesyn.

Daar is 'n aansteeklike vonk tussen hierdie twee legendes. Vra jy hulle uit oor die maak van album, duik die woorde 'lag', 'dans' en 'pret' voortdurend op. Ollie en Valiant het mekaar vyf jaar gelede ontmoet en 'n onblusbare musikale verbond is spoedig gesmee. Vuur en Vlam is die resultaat van hul liefde vir boeremusiek, en hul oortuiging dat hierdie eg Suid-Afrikaanse musiekstyl vir geen ander volksmusiek ter wêreld hoef terug te staan nie, dat dit gekoester en bewaar moet word, en dat dit met soveel mense as moontlik gedeel moet word.

QUICK PICK
Copyright © 2006-2009 Rhythm Online
Actively developed by Petrus Theron (FreshCode). Content Managed by Brian Currin.