Resensie in Insig deur Pieter Redelinghuys – May 2004
Jak was in 2002 die algehele wenner van die ATKV se Crescendo-kompetisie vir ligte musiek. Sy wengeld het vir dié debuut-CD betaal. Feit: Wat aangename luister betref, is SWN ‘n bull’s eye op die veerpyltjiebord van onaanstootlike, opbouende Afrikaanse popdeuntjies – soos Kerkorrel post-Voëlvry en Coenie de Villiers se “Karoonag”, kompleet met mooi melodieë en gelaaide lirieke. Met “In die hitte van die oomblik” rock hy heel verdienstelik – dis die topsnit van die tien. Ander hoogtepunte is “Laaste liedjie”, die tragiese “Trip”, die kinderlike eerlikheid van die titelsnit en die tuisgebak van “Afrika”. Dalk te schmaltzy vir volbloed-rockers, maar nommerpas vir dié wat hulle Afrikaanse musiek lig en verteerbaar, maar met inhoud, verkies.
|