Die Burger het die CD “My hond Fanie” as een van die tien beste Afrikaanse CD’s in die jaar van vrystelling vermeld. SA Rock Digest het ook die song “Hell’s Angel” baie positief vermeld. Geraas het Al’en sy Pêlle beskryf as een van die beste groepe in die Kaap.
Al’ en sy Pêlle het “groot gegaan” in 2001/2002 en het dit gemaak tot op Geraas, Kwela, E-TV, RSG, Rapport Tydskrif, Husigenoot, Sarie, ‘n veelvoud van Teater Restaurante en verskeie feeste. Die CD “My Hond Fanie” is ten spyte van die akklamasie in die media op lae en beperkte profiel versprei, en nooit ge-kommersialiseer nie. Die CD was tot dusver een van die mees onverkrygbare en gesogte top- produkte in Afrikaanse musiek, en inderdaad ‘n versamelaars-item.
Al’astair sê hy kom van nêrens en gaan ook nêrens. Hy soek “al baie jare na die 1 van die N1” en ook “na die 2 van die tweespoor.” Hy het in 1999, 2001, 2003 en 2004 by KKNK opgetree, as lid van Al’ en sy Pêlle, Stout vannie Aarde en Dikstrik 7. Andrew Roos van Brakmusiek het die produksie behartig, met Willem Moller as klankingenieur. Die CD is opgeneem en gemix by Sharp Street Studios, Johannesburg.
Karen Meiring en Philip Moolman tel onder die skape, beeste en nagtegaal wat saamsing. Mauritz Lots en Willem Moller slaan van die kitare, met Ruben Sameuls op dromme en Andrew Roos op keyboard.
Die songs op My Hond Fanie sluit 16 oorspronklike songs in. Die genre wissel erens tussen Koos Du Plessis, Koos Kombuis en David Kramer. Die lirieke wissel tussen lig en donker. Alástair is die vocalist en liedjieskrywer. Sarah Theron het onlangs Al ástair se environmental song “Neuk” opgeneem op haar hoogs suksesvolle CD “Sit die Ketel Aan”. Al’astair is saam met ander liedjiesskrywer in Rapport beskryf as “van die land se voorste liedjiesskrywers.” Al’astair het al as opening artist saam met Matthys Roetz opgetree, en as gaskunstenaar virRichard van der Westhuizen ne Lochner de Kock. Al’astair het skynbaar ook ‘n “dayjob” maar hou die musiek en sy ander lewe hoofsaaklik uitmekaar. Die CD is musikaal baie kunstig verwerk, en besonder professioneel afgerond onder die leiding van Andrew Roos.
Alástair is tans besig met ‘n volgende CD, wat binnekort vrygestel word.
[Julie 2008]
|